GROEN-, GEEL- EN ROOI SOETRISSIE KOMPOTE, met swart-olywe, tiemie en ment.
4 rooi, groen en geel SOETrissies
4 e ekstra 'virgin' Olyf-olie
5-10 swart olywe in halwes gesny
Italiaanse-kruie soos basilie blare, origanum en roosmaryn gekap
6-8 ment blare gekap
2-3 tiemie takkies - blaatjies afgestroop en gekap
4 knoffelhuisies
1 rooi ui of 4-8 grasuie met lobbe fyngekap
varsgemaalde swartpeper na smaak
Himmelaya se pienk-sout na smaak
(As jy nie vars kruie injou tuin het nie.... - dan is dit nou hoog tyd! ;-) - gebruik dan gedroogde kruie na smaak)
4 rooi, groen en geel SOETrissies
4 e ekstra 'virgin' Olyf-olie
5-10 swart olywe in halwes gesny
Italiaanse-kruie soos basilie blare, origanum en roosmaryn gekap
6-8 ment blare gekap
2-3 tiemie takkies - blaatjies afgestroop en gekap
4 knoffelhuisies
1 rooi ui of 4-8 grasuie met lobbe fyngekap
varsgemaalde swartpeper na smaak
Himmelaya se pienk-sout na smaak
(As jy nie vars kruie injou tuin het nie.... - dan is dit nou hoog tyd! ;-) - gebruik dan gedroogde kruie na smaak)
- Kap die kruie, knoffel, ui en olywe ( dit hoef nie te fyn tewees nie)
- Maak die soetrissies skoon - krap die pitte uit met 'n mes om die delikate geur vas te vang - om die pitte uit te was is 'n onvergeeflike fout...
- Rooster onder die element vinnig totdat die velletjies begin losgaan. trek af en sny in repe. ( ek haal nie altyd myne se velletjies af nie - sny net jou repe lekker dun)
- Voeg al die ander bestandele by en rooster vir so tien minute tot gaar. Roer kort-kort. [jy kan dit ook as verkies bo-op die stoof roerbraai]
- Verwyder van hitte en bottel en see"l dadelik - of bedien onmidellik saam met Franse brood, en 'n vleisgereg.
- Vir my is dit is baie lekkerder as dit so 'n dag gestaan en marineer het. Warm dit op en 'n heerlike variasie is om ansjovis daarin te roer, en op roosterbrood te bedien.
- Geniet!